binneste
skool
pret

Maak jou eie panfluit!

 

 

Benodighede

Strooitjies / uitgeholde bamboesstokkies

Riffelkarton

Skêr

Gom

Verf

 

  1. Sny 7 strooitjies in verskillende lengtes: 4 cm, 7 cm, 10 cm, 13 cm, 16 cm, 19 cm, 22 cm.
  2. Sny twee stukke karton  wigvormig.
  3. Rangskik die strooitjies sodat die kante waaroor jy sal blaas gelyk lê.
  4. Plak die strooitjies aan die een wigvormige karton vas.
  5. Plak die ander karton bo-oor, sodat die twee stukke karton ’n toebroodjie vorm om die strooitjies.
  6. Verf die panfluit ’n vrolike kleur.
  7. Hou jou kop stil en beweeg die panfluit heen en weer terwyl jy blaas.  Siedaar, jy kan nou musiek maak op jou eie instrument!