binneste
skool
pret
Kruip slim weg

Wens jy dat jy kan wegkruip en jou maats dophou sonder dat hulle jou sien? Jy kan spieëls en weerkaatsing gebruik - maak jou eie periskoop en sorg vir ure se pret!




Jy benodig:
· Karton
· 2 klein spieëls (110mm x 85 mm)
· liniaal
· maskeerband
· gom
· skêr / mes


·                                                                        

     Doen die afmetings van die periskoop soos aangedui. Sny die venstertjies uit, asook die twee gleuwe. Vou al langs die stippels.

· Plaas maskeerband reg rondom elkeen van die spieëls.  (Die spieëls moet effe wyer wees as die periskoop.

· Vou die periskoop en plak die gevoude dele en die flappe vas. Verf die buitekant ’n vrolike kleur.

· Gly die spieëls in posisie sodat die reflekterende dele teenoor mekaar is. (Die kante van die spieëls sal effens verby die periskoop steek – maak seker dat hulle stewig in posisie gehou word.)

· Loer rond wat jy alles kan sien! Kyk oor ’n muur of draai die periskoop dwars en loer verby ’n stoel of deur…