binneste
skool
pret

Hoekom het sy ’n juffrou geword?

 

Meeste juffrouens gee skool omdat dit hulle roeping is. Die Here het vir hulle gesê het om vir Hom te werk. Hy het vir hulle die baie spesiale werk gegee om sy kinders voor te berei vir die lewe. Juffrouens wil hê dat as jy klaar is met skool, jy trots sal wees op hoe jy skryf, hoe jy spel, wat jy alles weet van skoolwerk en hoe om respek vir ander te hê (nie maatjies slaan, vloek, steel, praat as ander praat nie).

 

Juffrouens werk nie vir hulleself nie. Hulle werk vir die baas van al die onderwysers, die onderwysdepartement. Die onderwysdepartement moet elke jaar vir die die Staatspresident verslae (soos briewe) stuur om die volgende te beantwoord:

· Doen die kinders hulle huiswerk?

· Ken die kinders hulle tafels, kan hulle spel en goed lees?

· Skryf die kinders mooi in hulle boeke?

· Is al die projekte wat in die handboeke is, gedoen?

· Luister die kinders vir die onderwysers?

· Vorder die kinders? (Slaag die kinders hul toetse)

· Is daar kinders met gedragsprobleme? (Kinders wat steel, vloek, en lelik baklei)

 

Hoekom reëls, reëls en nogmaals reëls in die klas?:  

 

Party kinders hou daarvan om baie te praat, ander kinders gooi graag papiere rond, ander sukkel met konsentreer, party kinders is stamperig. Ander vloek sommer enige een wat voorkom. Wat dink jy sal gebeur as elke kind doen wat hy wil in die klas? Ja, dit sal chaos wees! Juffrou moet reëls hê sodat almal die kans kan kry om te hoor wat sy sê en hulle werk netjies kan doen.

“Jiggg, huiswerk!”

 

Juffrouens doen werk in die klas en dan gee sy huiswerk om te toets of jy dit verstaan het. As jy nie jou huiswerk doen nie, gaan sy nie weet of jy die werk verstaan het nie. Onthou dat elke keer wat jy in die klas oplet, vrae vra, hard leer en huiswerk doen, maak jy jou brein fikser (brein leer om vinniger te werk).

 

 

Dink jy jou juffrou is soms lelik met jou?                             Lees hier wat jy kan doen...