binneste
skool
pret

1. Die naam van jou onderneming

Dink aan ’n oulike naam vir jou T-hemp onderneming -

iets wat die aandag sal trek.

 

2. Wie is jou teikenmark?

Besluit aan wie jy jou T-hemde gaan verkoop, byvoorbeeld

aan die kinders by die skool.

 

3. Doen ’n lewensvatbaarheidstudie

Moenie sommer net aanneem dat kinders jou T-hemde gaan koop nie,

vind eers uit of hulle daarvan sal hou. Jy kan dit doen deur self ’n paar van jou T-hemde te dra en só uit te vind wat hulle graag anders wil hê, of van watter kleure hulle die meeste hou. Dit is ook belangrik om vas te stel wie jou mededingers is. Is daar dalk iemand wat soortgelyke T-hemde verkoop? Jy moet besluit wat jy gaan doen om jou T-hemde gewilder  te maak.

 

3. Hoeveel kan ek vra?

As jy die prys te duur maak, wil niemand dit koop nie. Maak jy dit te goedkoop, kan jy nie jou uitgawes betaal nie. Bepaal dus eers hoeveel jou uitgawes is, byvoorbeeld die koste van die verf en die T-hemde. Vind dan uit hoeveel die kinders bereid sal wees om te betaal. Kies jou prys só dat jy wins kan maak.

4. Bemarking

Jy kan ’n wonderlike produk hê, maar as niemand daarvan weet nie, gaan hulle dit nie koop nie. Hoe gaan jy jou produk voortdurend bekendstel? Jy kan self jou T-hemde dra vir advertensie; jy kan dit ook in jul skoolkoerantjie of kerkblaadjie adverteer. Jy kan ook spesiale dae soos Valentynsdag of Moedersdag gebruik om T-hemde met spesiale woorde of prentjies op, te verkoop.

 

Om so ’n ondernemingsplan te skryf, help jou om alles te onthou. Soos ’n padkaart, help dit jou om op koers te bly, sodat jy ’n sukses van jou onderneming kan maak. Lekker planne maak!