binneste
skool
pret

 

PRODUK:  Selfgeverfde T-hemde.

PRYS:       Bekostigbaar

PLEK:       Dit is belangrik om te bepaal waar jy jou T-hemde gaan verkoop. Dit help nie jy besluit net op een plek nie. Jy moet verskillende plekke probeer soos die volgende:

· vanuit jou huis,

· op skoolmarkdae,

· by jou plaaslike vlooi- of kunsmarkte

· ’n winkel wat bereid sal wees om gratis rakspasie vir jou T-hemde te verskaf.

 

Eers wanneer jy ’n aantal plekke probeer het, kan jy bepaal watter afsetpunt die beste verkope sal behaal. As jou teikenmark jou skoolvriende is, is jou beste opsie dalk om jou T-hemde self te verkoop vanuit jou huis, of op skoolmarkdae.

 

PROMOSIE:  Dit gaan oor die wyse waarop jy dít wat jy wil verkoop aan jou voornemende klante wil kommunikeer, met ander woorde, hoe gaan hulle weet van jou produk. Dit kan op verskillende wyses geskied, naamlik:

 

Advertensies

Jy kan plakkate maak en op sentrale plekke opsit, pamflette uitdeel of ’n advertensie in die koerant sit. Advertensiekoste is egter duur en verg gewoonlik ’n hele aantal advertensies voordat mense regtig bewus sal word van jou produk.

 

Persoonlike verkope

Op hierdie wyse is jy self die beste advertensie vir jou produk. Dra self van jou T-hemde en jy hoor dalk gou die opmerking “Ek hou baie van jou T-hemp, waar het jy dit gekoop?” So word elke persoon aan wie jy ’n T-hemp verkoop, ’n advertensie vir jou. Wie weet, dalk skep jy ’n hele nuwe modegier!

 

As jou bemarkingsplan eers in orde is, kan jy jou regmaak vir opwindende dinge wat kan gebeur, jou besigheid kan begin groei! Hoe lyk dit, is jy gereed?