binneste
skool
pret

 

Oefen so:

 

· Bestuur jou geld soos dié van ’n besigheid. Kyk wat is jou inkomste: Dit is jou sakgeld, geld wat jy met ekstra werk verdien het, of wat jy by ouma gekry het vir jou verjaarsdag. Kyk wat is jou uitgawes. Ook jou vaste uitgawes (koste), dit kan dinge wees soos om elke maand te spaar. (Vir Mamma-hulle is dit die afbetaling op die huis). Jou veranderlike koste kan byvoorbeeld snoeperygeld wees wat maandeliks kan wissel. (Vir Mamma-hulle is dit die uitgawes aan kruideniersware.)

 

· Besluit watter behoeftes jy het (dit is goed wat jy moet hê, soos kos). Dink mooi of goeters wat jy dink ‘n behoefte is, nie dalk net ’n begeerte is nie. (Jy kan eintlik sonder ’n begeerte klaarkom en so baie geld spaar, byvoorbeeld ’n mooi nuwe broek, terwyl jy ’n kas vol goeie klere het.)

 

· Ons wil almal graag mooi goed koop, veral as ’n mens se maats dit het. ’n Belangrike ding wat ’n mens van jongs af moet leer, is uitgestelde bevrediging. Dit is om te weet dat ’n mens nie alles kan kry wat ’n mens graag wil hê nie, en dat ’n mens bereid moet wees om te wag.

 

· Spaar leer ’n mens om te wag. As jy jou geld spaar, word dit meer, want jy kan rente verdien deur ’n spaarrekening te open. Laat Pappa jou hier help om te bepaal wat die beste manier vir spaar is.