binneste
skool
pret

Mmmm... Lekker roomys!

 

BESTANDDELE

1 blikkie kondensmelk

1 blikkie ingedampte melk

1 dosie room (250 ml)

5 ml vanieljegeursel

Vars arbeie

Pienk kleursel

 

BENODIGDHEDE

Blikoopsnyer

Klitser

Roomyshouer

 

 

 

METODE

Sny kondensmelkblik oop en gooi kondensmelk in houer.

Sny ingedampte melk-blik oop en gooi ingedampte melk in houer.

Gooi room daarby.

Voeg 1 teelepel vanieljegeursel by.

As jy wil, kan jy fyngedrukte arbeie byvoeg en ‘n paar druppels pienk kleursel.

Klits deeglik.

Plaas houer in vrieskas.

Klits dit weer wanneer dit effens gevries het, so na 3 ure.  (Dit keer dat die roomys yskristalle vorm en help dat die  roomys lekker romerig word.)

Laat dit dan verder vries.  

Skep op in ‘n mooi glas.

Versier met arbeie, en siedaar!

Jou eie tuisgemaakte smullekker roomys!

 

Onthou om die kombuis op te ruim en die skottelgoed te was!

HET JY GEWEET?

62 jaar voordat Jesus gebore is, het die Roomse keiser slawe na die berge gestuur om sneeu en ys te gaan haal.  Hulle het dit gemeng met fyngemaakte vrugte, heuning en nektar—dit was hul eerste roomys!