binneste
skool
pret

MMMM… SJOKOLADEFUDGE

 

BESTANDDELE

125g sjokolade

90g (100 ml) botter / margarien

5 ml vanieljegeursel

45 ml kondensmelk

1 ml suurlemoensap

12 Tennis beskuitjies

500g (950 ml) versiersuiker

1 groot eier

 

BENODIGDHEDE

Mikrogolfbak / pot met diep bord

                       wat bo-op pas

Maatbeker

Maatlepels

Groot mengbak

Plastieksakkie

Koekroller

Houtlepel

Blikoopsnyer

Sif

20 cm x 20 cm pan

waspapier

 

METODE

· Was heel eerste jou hande!

· Smelt sjokolade en botter in mikrogolfoond vir sowat 3 minute by 60% krag.

(Jy kan dit ook in diep bord sit oor pot met kokende water om te laat smelt.)

· Voeg  vanieljegeursel, kondensmelk en suurlemoensap by.  

· Plaas Tennisbeskuitjies in sakkie en maak fyn met koekroller.

· Voeg by sjokolademengsel.  Meng goed.

· Sif versiersuiker by.  

· Klits eier en voeg by.

· As jy sukkel om die mengsel met ’n lepel te meng, knie dit bietjie met jou hande.  Meng goed totdat al die versiersuiker klam is en die mengsel ligbruin is.

· Voer die pannetjie uit met waspapier.

· Skep die deeg uit in die pan.

· Plaas in yskas om styf te word en sny in blokkies.  Siedaar!  Heerlike, maklike fudge!

· Bêre alles, vee oral mooi af en was die skottelgoed.