binneste
skool
pret

NJAMMIES…KARAMELTERT

BENODIGDHEDE

· Blikoopsnyer

· Skêr

· Mengbak

· Klitser

· Maatlepel

· Koppie

· Groot lepel

· Rasper

· Tertbak

 

BESTANDDELE

· 2 sakkies Orley Whip

· 1 blik (360g) karamelkondensmelk

· 1 pakkie Nutty Krust

· 1 staaf (100g) peppermentsjokolade

 

METODE

· Knip die Orley Whip sakkies versigtig oop en plaas die inhoud in die mengbak.

· Klits.

· Sny die karamelkondensmelk versigtig oop.

· Klits dit by die Orley Whip.

· Rasper sowat driekwart van die sjokolade by en meng.

· Bedek die bodem van die tertbak met koekies.

· Smeer ’n lagievan die mengsel bo-oor.

· Pak nog ’n lagie koekies.

· Smeer die res van die mengsel bo-oor.

· Rasper die res van die sjokolade bo-oor.

· Plaas in yskas.

· Gooi al die gemorsies weg, ruim mooi op en was die skottelgoed.

Sny ’n paar skyfies, plaas op mooi bordjies, sit ’n blommetjie by en verras vir Mamma en Pappa!