binneste
skool
pret

SJOKOLADEHAPPIES

VIR LUILEKKER SOMERSDAE

 

BENODIGDHEDE:

· Mengbak

· Maatkoppie

· Maatlepels

· Houtlepel

· Sif

· Pan wat sowat

   23 cm wyd

  en 32 cm lank is

· Toetspen/ skerp messie

· Oondhandskoene

· Kastrol/ mikrogolfbak

· Smeermes

 

BESTANDDELE:

250 g botter/margarien

125 ml suiker

500 ml koekmeel

45 ml kakao

500 ml klapper

Vir bolaag:

100 g botter/margarien

500 ml versiersuiker

80 ml kakao

15 ml melk

 

METODE:

· Skakel oond aan op 180ºC. (Vra vir Mamma om te help.)

· Klop die botter en suiker saam tot romerig.

· Sif die meel en kakao by.

· Voeg klapper by en meng goed. Sorg dat alles goed gemeng is- dit is ’n redelike droë mengsel.

· Smeer ’n pan wat sowat 23 cm wyd en 32 cm lank is, met margarien.

· Druk die mengsel in die gesmeerde pan.

· Plaas die pan in die oond vir sowat 20 – 25 minute. (Oppas vir brand! Laat Mamma jou help.)

· As 20 minute om is, steek versigtig ’n toetspen of ’n skerp messie in die deeg. As dit skoon uitkom, is dit gaar. As daar deeg vassit aan die pen/mes moet dit nog ’n bietjie bak.

· Haal die pan uit die oond – trek oondhandskoene aan en wees versigtig!

· Skakel die oond af.

 

Die bolaag: