binneste
skool
pret

Meringue-paddastoel fantasie

 

Benodigdhede

Maatbeker

Mengbak om jellie in te laat stol

Koppie om versiersuiker aan te maak

Mooi opdienbak

Lepel

Skerp messie

Smeermes

Bestanddele

2 pakkies groen jellie

400 ml kookwater

450 ml koue water

Meringue nessies

Malvalekkers

Helderkleurige lekkers, bv Jelly Beans / klein Smarties / klein Astros

45 ml versiersuiker

10 ml kookwater

Metode

Gooi die jelliepoeier in die mengbak.

Gooi 400 ml kookwater by die jelliepoeier. Wees versigtig! Laat Mamma help.

Roer totdat die jelliepoeier opgelos is.

Voeg die 450 ml koue water by.

Plaas in yskas en wag totdat dit gestol het. (Oornag werk die beste.)

Sny die jellie in stukkies en strooi uit in die opdienbak.

Onthou om al die gemorsies weg te gooi en die skottelgoed mooi te was.

Meng die versiersuiker met die kookwater tot glad.

Druk die meringue-nessie in ’n malvalekker. (As die malvalekker effe groot is, sny ’n stukkie van  die malvalekker af.)

Sny ’n klompie jellie beans middeldeur en “plak” met versiersuiker vas aan die meringue.

Plaas die paddastoel-meringues bo-op die                                                                                      jellie.                           

                                    

                                                                     

SIEDAAR, JOU  EIE MERINGUE                                                                                                                  PADDASTOEL FANTASIE!