Skatkis © All rights reserved.                            Terms of Use

Tuis.Agtergrond.Skool.Binneste.Pret.Skakels.Kontak.
Tuis.
Agtergrond.
Skool.
Binneste.
Pret.
Skakels.
Kontak.
   vir kosbare kinders...

Voel jy of niemand vir jou lief is nie?

 

Dan het ek vandag baie goeie nuus vir jou!

 

Het jy geweet dat meeste mense soms so voel, selfs mense wat gewild is en lyk asof hulle baie vriende het? Die Here het elkeen van ons gemaak met ‘n diep behoefte daaraan om liefgehê te word. Mense kan nooit regtig daardie behoefte vervul nie, slegs die Here kan daardie behoefte vervul. Mense maak almal foute en hulle sal ons dus (selfs al bedoel hulle dit nie)  soms seer maak of teleurstel. Ons kan slegs op die Here vertrou.

Daarom is dit belangrik dat jy  sal weet wie die Here is, wie jy is, en dat Hy jou verskriklik lief het, liewer as wat jy ooit kan dink!

 

Het jy geweet dat daar net een mens op die aarde is wat soos jy is?

Ja! Die Here het jou baie spesiaal gemaak! Jy is uniek!

Wie is die Here?

Hy is die Een wat die hemel en die aarde en alles daarop gemaak het (ja, ook vir jou!).

Hy is ook die Een wat jou so lief het dat Hy bereid was om  in jou plek dood te gaan vir die straf van al jou sondes.

Hy is die Een wat jou BESTE VRIEND wil wees.

 

Wil jy graag verder lees oor een van hierdie onderwerpe?

Jy is uniek

Wie is die Here?

Wat is sonde?

Vergewe my sondes

Wie is Jesus?

Hy wil my beste vriend wees.

Hy wil met my gesels!

 

Voel jy dalk so moedeloos dat jy NOU  dringend iemand nodig het om mee te praat?

Skakel dan Radio Kansel se beraders. Hulle is 24 uur per dag beskikbaar en sal graag na jou wil luister en jou wil help! Moenie alleen voortsukkel met jou probleme en jou hartseer nie. Dis nie nodig nie!  Skakel hulle by (012)334-1320.