Skatkis © All rights reserved.                            Terms of Use

Tuis.Agtergrond.Skool.Binneste.Pret.Skakels.Kontak.
Tuis.
Agtergrond.
Skool.
Binneste.
Pret.
Skakels.
Kontak.
   vir kosbare kinders...
Wat is Skatkis?

Skatkis is vanaf  2006 gepubliseer as ‘n opwindende kindertydskrif met ‘n verskil: dit is opvoedkundig en pret, maar geskryf vanuit ‘n Christelike perspektief. Ons wil juis ons kinders bereik met die Goeie Nuus.

 

Voortaan sal dit egter slegs op CD’s beskikbaar wees in Powerpoint formaat.

 

Ons het egter besluit om verskeie artikels uit die vorige tydskrifte gratis op die web beskikbaar te stel. Die webformaat lyk baie anders as wat die tydskrif self daar uitsien, sodat dit vinniger vertoon.

 

Die tydskrifte se uitleg is baie kleurvol en spesiaal so ontwikkel sodat dit kinders sal aanmoedig om te lees. Elke tydskrif is rondom ‘n spesifieke tema ontwikkel.

 

Stel u belang om van die tydskrifte in CD-formaat te bestel?

 

Bestel gerus!

Ons skryf artikels wat nuttig is vir die kinders se skooltake, asook lekker-lees-stories, breinknopers, handwerk idees en stof vir geestelike groei.

 

Ons bied ook artikels wat moedelose ouers kan help om hul kinders te help.

Wat bied ons?